Pablo Escobar

Pablo Escobar
Gebore
Pablo Emilio Escobar Gaviria

(1949-12-01)1 Desember 1949
Sterf2 Desember 1993 (op 44)
BeroepDwelmbaron
Bekend virStigter van die Medellín kartel, en politikus

Pablo Emilio Escobar Gaviria (Spaans: [ˈpaβ̞lo eˈmiljo eskoˈβ̞aɾ ɣ̞aˈβ̞iɾja]; 1 Desember 1949 - 2 Desember 1993) was 'n Colombiaanse dwelmbaron. Sy kartel het 'n beraamde 80% van die kokaïen gesmokkel in die Verenigde State op die hoogtepunt van sy loopbaan, met oor U$21.9 miljard 'n jaar in persoonlike inkomste.[1][2] Hy was dikwels genoem "Die Koning van Kokaïen" en was die rykste krimineel in geskiedenis, met 'n geskatte netto waarde van tussen US$25 en U$30 miljard in die vroeë 1990's.[3][4] Dit maak hom een van die rykste mense in die wêreld in sy fleur.[5]

Escobar is gebore in Rionegro, Colombia, en het grootgeword in die nabygeleë Medellín. Hy het betrokke begin raak in kriminele aktiwiteite soos die smokkel van sigarette en vals lotto kaartjies, ook in voertuigdiefstal. In die 1970's, het hy begin werk vir verskeie smokkelaars wat dikwels mense ontvoer het vir 'n losprys. Later het hy begin om kokaïen te versprei. Hy het van die eerste smokkelroetes in Amerika in 1975 begin. Sy infiltrasie van die dwelmmark van Amerika het eksponensieel uitgebrei as gevolg van die stygende vraag na kokaïen; en deur die 1980's, is beraam dat 70 tot 80 ton kokaïen van Colombia na Amerika maandeliks verskeep is. Sy dwelmnetwerk was algemeen bekend as die Medellín Kartel.

  1. "Pablo Escobar Gaviria – English Biography – Articles and Notes" (in Engels). ColombiaLink.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2018. Besoek op 16 Maart 2011.
  2. "Pablo Emilio Escobar 1949 – 1993 9 Billion USD – The business of crime – 5 'success' stories" (in Engels). MSN. 17 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2011. Besoek op 16 Maart 2011.
  3. "10 facts reveal the absurdity of Pablo Escobar's wealth". Business Insider (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2020. Besoek op 28 Julie 2018.
  4. "Here's How Rich Pablo Escobar Would Be If He Was Alive Today". UNILAD (in Engels (VK)). 13 September 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2018. Besoek op 28 Julie 2018.
  5. "10 facts reveal the absurdity of Pablo Escobar's wealth" (in Engels). businessinsider.com. Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy